Excerpt for Pad Van Liefde by André Van Wyngaardt, available in its entirety at Smashwords

Pad Van Liefde

André van Wyngaardt



Published by Mat516 Publishers at Smashwords.



Copyright 2011 André van Wyngaardt



Discover other titles by Manie van der Westhuizen at Smashwords.com:

The Truth Will Set You Free - https://www.smashwords.com/books/view/102777

Teach Me Love - https://www.smashwords.com/books/view/101803



This book is available in print at most online retailers.



Smashwords Edition, License Notes

This ebook is licensed for your personal enjoyment only. This ebook may not be re-sold or given away to other people. If you would like to share this book with another person, please purchase an additional copy for each recipient. If you’re reading this book and did not purchase it, or it was not purchased for your use only, then please return to Smashwords.com and purchase your own copy. Thank you for respecting the hard work of this author.





~~~~





Voorwoord

Ek het altyd gesmag na vryheid, maar ek kon net nie daarin slaag om vry te breek en net myself te wees nie. Die mense om my wou ek tevrede stel, net om myself teleur te stel in die proses ... Dit het sedert my kinderjare só aangegaan - ‘n goed weggesteekte geheim agter my glimlag …

Daar was hartsdinge wat verborge gebly het in my; `n jarelange maskerdra-stryd … Vir lánk het ek `n stille leuen geleef, probeer om iemand te wees wat ek nie is nie ... En toe kom die dag - die dag wat ek die kas se deur oopgeskop en uitgeklim het … Ek was báng!, onbeskryflik bang, dat ek van my vriende, vriendinne en familie-geliefdes sou verloor.

Maar toe in Januarie van 2011, op Facebook, kruis `n uiters spesiale man genaamd Pieter my pad ... En ek het gewéét dis tyd; tyd om uit te kom en die masker finaal te laat sak. Ek was tot die dood toe moeg vir wegkruipertjie speel, móég om te wees wie ek nie is nie.

Pieter het my vorige bundel, HIER’S MY HART, by my bestel en my emosioneel ondersteun in die tyd wat my hart gedaan was oor my moederverlies. Sy woorde het my versterk, en kort daarna, toe sy tannie siek was en die stryd teen kanker verloor het, het ek hom my skouer gegee om op te huil – al was dit net per sms of Facebook-boodskap. Ons het mekaar gedra, en so het te midde van hartseer en verlies ‘n band gevorm; ‘n band wat al hegter, sterker en mooier geword het. Hierdie spesiale man het vinnig meer as net ‘n vriend geword; hy het my hart syne gemaak …

Deesdae leef ek my lewe voluit en is ek en Pieter al byna twee maande verloof. Ek dank die Here vir hierdie kosbare blommemens uit Sy hand; vir die engel in my lewe wat my wys hoe om vreesloos te vlieg.

Ek weet daar sal nog baie mense wees wat nie ons man-tot-man verhouding verstaan of respekteer nie, dat daar baie is wat ons sal oordeel. Vir my gaan dit nie meer daaroor om te lewe soos ander dit vir my kies nie, maar wel om te lewe soos dit my en Pieter gelukkig maak.

Elke mens se geluk hang van homself af; elkeen is die argitek van sy eie lewe en het die reg om gelukkig te wees – die reg om volkome vryheid te ervaar.

So seer as wat 2010 my gemaak het, toe my ma haar oë voor my gesluit het net om hul kaki-groen nooit weer te wys nie, so bly het 2011 my gemaak toe Pieter deel van my lewe geword het.

Ek glo vandag dat my ma se heengaan ek en Pieter bymekaar uitgebring het, want dis juis die gedigte aangaande haar en die bystand wat ek van Pieter ontvang het, wat daartoe bygedra het dat ons meer geword het as net vriende. Ek glo dus dat daar, hoe seer dit ook al mag wees, wins in verlies steek en dat alles ‘n doel het al lyk dit nie aanvanklik so nie.





~~~~





Bedankings

Liewe Heer, hier is my tweede digbundel voltooid en ek weet dat dit alles net uit genade is. Dankie vir nog ‘n kans om met my woorde ‘n verskil te maak. Dankie vir die talente waarmee U my seën, maar veral dankie vir al die liefde wat ek in die laaste maande van my lewe sover ervaar het. Dankie vir al die kosbare juwele uit U hand in my lewe. Ek dank U sonder ophou vir als wat U doen vir my.

My liefste Pieterlief, wonderwerk van my lewe, dankie vir al die liefde wat jy gee vir my. Dankie vir al jou respek, ondersteuning en die wete dat dit wat ons deel ewigheidswaarde het. Jy het my hart ingestap en is daar om te bly. Dankie vir die bron van inspirasie wat jy is, my droomman. Jy sal altyd die een wees na wie ek opkyk en vir wie ek admireer. Daar’s nie woorde om te beskryf wat jy beteken vir my nie, maar hopelik sal hierdie gedigte jou herinner daaraan hoe ongelooflik kosbaar jy is vir my. Nogmaals dankie vir alles - dat jy my laat glo in myself, dat jy my hand styf vashou en my bystaan as dit voel of ek kan breek, dat jy my respekteer en nie anders wil hê nie, maar veral dankie dat jy my wys wat ware liefde is en dat jou hart en myne saam in ritme kan klop as een. Ek lewe vir jou en het jou eindeloos lief.

Dankie ook oom Manie, my kosbare uitgewer, vir nog ‘n kans en dat oom dit wat oom doen met soveel liefde deurvoer. Oom se hart is op die regte plek.

Laastens, maar nie die minste nie, my opregte dank aan almal wat my ondersteun en wat glo dat my woorde ook genoeg waarde het om gelees te word en gestoor te word in die hart. Ek dink aan kosbare vriendinne soos Annelene Annandale, Hester Booysen, Lizelle Tack, Lynette Bowen en tannie Merinda (julle het vinnig ‘n hartsplekkie gekry!), asook Werna Booysen en Madeleen Labuschagne wat altyd daar is – dankie julle!

Dankie ook vir al die ander wat my so getrou ondersteun op Facebook – name soos vriend Kobus Rossouw, tannie Ina van Zyl, - Irene de Jager, - Lillian Aucamp en oom Dennis Wales kom ook op in my gedagtes van mense wat my onderskraag, my skrywes volg en waardeer. Baie dankie julle almal!

Af van Facebook gaan my dank uit na my dierbare sussa, Adéle, en broers Jannie en Ruaan en hul gesinne. Tannie Alda, dankie ook vir al tannie se liefde. Tannie is, al voel tannie soms hoe ver, steeds my tannie-mams en kosbaar vir my. Oom Leon, ‘n sommer-maar-net-dankie. Mag oom se hart ook by die vredespunt kom en oom weer gelukkig wees soos voorheen ... Pieter le Roux, my kosbare neef wat my in alles ondersteun, dankie vir jou liefde en dat jy is wie jy is. Jy’s ‘n great nefie! ‘n Groot dankie ook vir tannie Anita (my Engel se dierbare ma) vir al die raad en sagte glimlag in tannie se oë.

Mag hierdie bundel van liefde (wat 77 gedigte insluit asook die lirieke van die song wat ek geskryf het vir Pieter) vir elkeen van julle iets beteken en mag ware liefde deel wees van jul lewenspad, nes dit deel is van myne.

Al my liefde,

André





~~~~







Met al die liefde in my hart, dra ek hierdie bundel op aan die man wat my laat glo in wonderwerke, die een wat my laat glo in myself en my drome – my blommemens, Liefling, lewensmaat en hartsvreugde … Pieter Henning.





~~~~





Inhoudsopgawe

Iewers Is Jy
Wat Ek Soek
Toe Jy My Drome Word
Vir Die Eerste Keer
En Toe Kom Jy
God Se Geskenk
Stad Van My Engel
Soos
Jy Doen Dit Vir My
Skip Van Liefde
Mos
Tjailatyd-Uur
Skilder My Liefde
Blommemens
Die Wonder Van Liefde
Tree Vir Tree
Liefde – My Bestemming
Liefde Is ...
Pad Van Liefde
Ons Taal Van Liefde
Liefde – Heelal-Wyd
Jy’s Treffend
Droom Van My
Prysloos
Bodemloos
Jy
Trane-Afvee-Lief
Woorde In Die Wind
Daar
Klawers Vol Liefde
Dit Sal Die Dag Wees
Eersteklas
Eindeloos
Die Rooi Roos
Lig Van Geluk
Voor Die Dag Wegsterf
Jou Nare Ding
Liefde Regeer
Waarna My Arms Smag
Waaraan Ek Dink
Die Silwer Juweel
Op Pad Na Parys
My Realiteit
Die Engel By Die Robot
Die Een-Dertig-Verrassing
Liefde Ongeag
Só Lief Het Ek Jou
Soos `n Ster
My Hemel-Gemaakte Deel
Engel-Oproepe Vanaf Lanseria
Vir Jou
Wie Jy Is
Liefde Maak G`n Blind
Tolbos In Die Wind
My Beskerm-Engel
Liefde Gee En Kry
Goue Droom
Hart Van Goud
Vir Jou Sal Ek

Ons Pad Saam
Wat Ek Wel Weet
Die Ring Van Ons Liefde
Ek Kan Nie Sonder Jou
Nog Nooit Soos Nou
Voëltjieswak
Nog Liewer As Dit
Koester Jou Liefde
Só En Meer
Leef
Onbeskryflik Is Jy
Meer As Die Reën
Smag Na Jou
Jy’s My Sonvanger
As Ek Maar Net Kon
Tog
Een Uit Miljoene
Wit En Goud
My Sielemaat





~~~~





Iewers Is Jy

Iewers daarbuite
is jy –
iemand gemaak
spesiaal vir my.

Hier sit ek vanaand;
dis donker-alleen.
Maar ek weet jy’s iewers
onder sterre, my een.

Wat doen jy nou Skat?
Dink jy ook nes ek
aan iemand daarbuite,
aan liefde, jou plek?

Wonder jy ook
wat ek tans maak?
En hoe dit sal voel
om te ontdek, aan te raak?

Ek dink nogal baie
aan iemand, aan jou;
en hoe dit sal voel
om jou styf vas te hou.

Nie een is mos gemaak
om een te bly.
Almal is gemaak
om `n maat te kry.

Waar is jy my Lief?
Net jy kan eenwees wegjaag.
Ek bid dat jy spoedig
in my lewe sal opdaag.

Ek weet net: Iewers is jy.





~~~~





Wat Ek Soek

Ek soek die een
wat styf teen my wil lê;
die een wat soet woorde
in my oor wil sê.

Ek soek die een
wat my rug saggies krap;
die een wat nie uit
my arms wil ontsnap.

Die een wie se vingers
oor my warm lyf gly;
die ene wie nie genoeg
van my kan kry.

Ek soek die een
wat my tyd-uit sal bystaan;
wie se gevoel
vir my nie sal taan.

Die een wie se hart
net klop vir my;
die een wie net hier
by my wil bly.





~~~~





Toe Jy My Drome Word


Purchase this book or download sample versions for your ebook reader.
(Pages 1-5 show above.)